Stamsel

Stamselle is selle wat in die meeste multisellulêre organismes aangetref word. Hulle word gekenmerk deur die vermoë om hulself te hernu deur mitotiese selverdeling en om te verander in 'n wye verskeidenheid soorte selle. Navorsing in stamselle het begin by oorspronklike navorsing wat gedoen is deur die Kanadese wetenskaplikes Ernest McCulloch en James Till in die 1960's.[1][2] Die twee breë kategorieë stamselle in soogdiere is: Embrioniese stamselle wat geïsoleer kan word uit die binneste selmassa van blastosiste en volwasse stamselle wat in volwasse weefsels aangetref word. In 'n ontwikkelende embrio kan stamselle verander in enige van die gespesialiseerde embrioniese weefsels. In volwasse organismes, speel stamselle en voorloperselle 'n herstellende rol in die liggaam en vul gespesialiseerde selle aan en hou die toevoer van genesende organe in stand soos in die geval van bloed, vel en die weefsels van die spysverteringskanaal.

Tegnologiese ontwikkeling maak dit tans moontlik om stamselle te kweek en doelbewus om te skakel na gespesialiseerde selle met eienskappe wat ooreenkom met verskeie weefsels soos spier of senuwee deur middel van selkulture. Tans word volwasse stamselle vanuit 'n verskeidenheid bronne onder andere die bloed uit die naelstring en beenmurg gereeld gebruik vir geneeskundige terapie. Embrioniese stamselle wat gekweek kan word deur kloning is ook al voorgestel as 'n belowende kandidaat vir toekomstige terapeutiese tegnieke.[3]

  1. Becker AJ, McCulloch EA, Till JE (1963). "Cytological demonstration of the clonal nature of spleen colonies derived from transplanted mouse marrow cells". Nature. 197: 452–4. doi:10.1038/197452a0. PMID 13970094.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. Siminovitch L, McCulloch EA, Till JE (1963). "The distribution of colony-forming cells among spleen colonies". Journal of Cellular and Comparative Physiology. 62: 327–36. doi:10.1002/jcp.1030620313. PMID 14086156.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Tuch BE (2006). "Stem cells—a clinical update". Australian Family Physician. 35 (9): 719–21. PMID 16969445.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search